Owerhede begin beheer kry oor Etosha-brandSeptember 26, 2025
Die ongewingsministerie, saam met die weermag het daarin geslaag om die brand in die Renostervlei-blok omstreeks drie-uur vanoggend onder beheer te bring. Blusoperasies rondom Olifantsrus is ook suksesvol voltooi, wat verdere verspreiding in daardie gebied voorkom. Tans is ‘n toegewyde span na Dolomite ontplooi om die situasie noukeurig te monitor, aangesien die brand oos van Dolomite steeds aktief is en stadig weswaarts beweeg. Tot dusver is geen diere-ongevalle bevestig nie. Derduisende hektaar is reeds verwoes in die brand wat vier dae terug begin het.