Steenhuisen sien blink toekoms vir bloubessiesSeptember 26, 2025
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die regering, nywerheid en navorsingsvennote moet saamwerk om boere te help om kompeterend, doeltreffent en veerkragtig te bly. Hy het gister die konferensie van die Internasionale Bessie-organisasie in Kaapstad toegespreek. Volgens ‘n studie van die Buro van Voedsel en Landboubeleid, het bloubessies die hoogste getal arbeiders per hektaar in Suid-Afrikaanse landbou, naamlik vier per hektaar. Steenhuisen sê die land se landbousektor beplan om teen 2033 meer as 46 000 ton bloubessies uit te voer.