Thieme bepleit versagting in VSA-beleid vir lamuitvoere September 26, 2025
Die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver & List-groep, Sven Thieme, het ‘n beroep op belanghebbendes by die hawe van Philadelphia gedoen om die streng protokolle rakende vleisinvoer aan te spreek. O&L bedryf ‘n internasionaal geakkrediteerde abattoir en wil lamsvleis na die Amerikaanse mark uitvoer maar die bestaande regulasies maak dit moeilik.
Thieme is deel van die sake-afvaardiging wat president Netumbo Nandi-Ndaitwah vergesel tydens haar vergaderings by die hawe van Philadelphia. Die NBC is saam vir media-dekking.