VRK skop vanaand af, SA-franchises in aksieSeptember 26, 2025

Die vyfde weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap skop vandag af met die vier Suid-Afrikaanse franchises wat sonder hulle Springbokheelagters moet klaarkom. Die Stormers en die Bulle begin hulle veldtogte met tuiswedstryde in Kaapstad en Pretoria, terwyl die Haaie in Skotland is en die Leeus is in Wallis. Vanaand om seweuur speel die Stormers teen Leinster, die verdedigende kampioen en die Haaie kom teen die Glasgow Warriors net na nege staan. Saterdag speel die Bulle om tweeuur teen die Ospreys en die Leeus speel môreaand teen Cardiff net voor negeuur.