Konstruksie begin aan Safland se Lüderitz-inkoopsentrumSeptember 27, 2025
‘n Sooispitseremonie vir Safland Property Group se Buchter Village Mall op Lüderitz het Vrydag plaasgevind. Belegging in dié inkoopsentrum van 23 000 vierkante meter beloop 220 miljoen Namibiese dollar. Dit sal verskeie winkels huisves, asook ‘n hotel met 50 kamers. Die inkoopsentrum sal na verwagting in November volgende jaar sy deure open.