Leerlooiery kry lewe op OndangwaSeptember 27, 2025
‘n Ooreenkoms om lewe in die dormante Ondangwa Northern Tannery-projek te blaas, is Vrydag tussen die nywerheidsministerie, Nida en ‘n belegger, Desert Planet Industries, onderteken. Desert Planet Industries beoog om 58 miljoen Namibiese dollar oor ‘n tydperk van 25 jaar in die projek te belê. Na verwagting sal die leerlooiery teen Maart volgende jaar in bedryf wees. Teen volle kapasiteit sal dit 2 000 paar skoene per dag vervaardiging en werk aan 1 000 mense verskaf, sê die belegger.