Oermens ‘Java Man’ gaan terug huis toeSeptember 27, 2025

Nederland het belowe om die oorskot van “Java Man”, die eerste Homo Erectus wat deur moderne wetenskaplikes opgegrawe is, aan Indonesië terug te besorg. Hierdie opgrawing word beskou as ‘n mylpaalontdekking vir menslike evolusie. Nederland beplan om sowat 28 000 fossiele van die Dubois-versameling, wat die anatomis en geoloog Eugene Dubois in 1891, toe Indonesië nog ‘n kolonie van Nederland was, geplunder het, terug te gee. Die ontdekking het wetenskaplikes in staat gestel om Homo Erectus of “regop mens”, te herbou. Homo Erectus het tussen 1,9 miljoen jaar en ongeveer 150 000 jaar gelede geleef.