Rosh Pinah leen miljarde vir uitbreidingSeptember 28, 2025

Rosh Pinah Zinc het finansiering van sowat 2,6 miljard Namibiese dollar van Standard Bank bekom om onder meer sy ondergrondse myn verder te ontwikkel en ‘n nuwe verwerkingsaanleg te bou. Dié projek, wat na verwagtiing in die derde kwartaal van volgende jaar voltooi sal wees, sal die myn se produksie na sowat 170 miljoen ton per jaar verdubbel. Meer as 80 persent van die konstruksie van die projek is reeds afgehandel.