Trump stuur troepe na ‘oorloggeteisterde’ PortlandSeptember 28, 2025
President Donald Trump van die VSA het opdrag gegee dat Amerikaanse troepe na Portland in Oregon ontplooi word en gesê hulle moet betogings by aanhoudingsenstrums vir immigrante met volle mag onderdruk. Volgens Trump is Portland ‘n oorloggeteisterde stad. Die goewerneur van Oregon, Tina Kotek, ontken enige nasionale veiligheidsrisiko en sê daar is geen rede vir die ontplooiing van federale magte nie.