Burokrasie hou befondsing uit Kavango Oos se skoleSeptember 29, 2025
Ten spyte van 10 miljoen Namibiese dollar wat reeds in 2023 aan skole in Kavango Oos toegeken is, gaan kinders steeds skool in tente en klaskamers wat uitmekaar uit val. Plaaslike media berig dat die geld vas sit in ‘n oneindige burokrasie, soveel so dat ouers hulle kinders begin onttrek. Die streeksdirekteur van onderwys, Christine Shilima, sê die geld is oorgedra maar die streeksraad het nog nie die werke toegeken nie. Intussen word kinders blootgestel aan kragdrade, stukkende skakelaars, vervalle toilette en vuil drinkwater.