Vier kontrakteurs loop weg van grenspos-behuising September 29, 2025
Die Tender Bulletin berig dat behuisingseenhede by die Mamuno-grenspos buite Gobabis is nog nie voltooi nie met boumateriaal ter waarde van miljoene wat agtergelaat is en nou verniel. Vier kontrakteurs het op hulle beurt die projek verlaat, blykbaar omdat hulle te laag gekwoteer het. Die kontrakteurs is reeds betaal. Maar die publikasie sê hy kan geen inligting rakende die kontrakteurs vind nie en verder, daar is geen openbare tender vir die grenspos sedert 2017, toe behuisingskwotasies vir grensposte geadverteer is, gepubliseer nie.