Hernubare energie-opwekking in SA styg 280% sedert 2015September 30, 2025
Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad sê die opwekking van hernubare energie van Suid-Afrika se Hernubare Energieverkrygingsprogram van Onafhanklike Kragprodusente het met 280 persent sedert 2015 toegeneem. Die program, wat in 2010 van stapel gestuur is, was ‘n belangrike katalisator om die privaatsektor in die hernubare energiemark betrokke te maak. Sipho Mdhluli van die WNNR sê die sonkragkapasiteit wat op dakke geïnstalleer is, het 6 800 megawatt in die eerste helfte van hierdie jaar bereik, vergeleke met 5 600 megawatt in die eerste helfte van 2024: