Ithete sê GRN oorweeg nog toetrede tot konsortium vir De Beers verkrygingSeptember 30, 2025
Namibië sal ‘n versigtige benadering volg voor enige besluit of die land by ‘n voorgestelde Pan-Afrikaanse konsortium sal aansluit om ‘n belang in De Beers te verkry. Lynminister Natangwe Ithete sê dit is geen geheim dat die bedryf onder druk is en geraak word deur die sogenaamde laboratoriumdiamante. Dus moet die plan noukeurig bestudeer word om te bepaal of dit die moeite werd is. Hy het bevestig dat Angola nog nie met die Namibiese regering oor die saak gepraat het nie. Sy kommentaar volg op Angola se indiening van ‘n formele bod vir ‘n minderheidsbelang in De Beers, met ‘n plan om ‘n Pan-Afrikaanse konsortium van diamantproduserende lande, insluitend Botswana, Namibië en Suid- Afrika, te vorm om die maatskappy wat nou deur Anglo American verkoop word, te verkry en te bedryf.