N$14,8m vir 42 jeug-begunstigdes September 30, 2025
Die 42 begunstigdes van die nasionale jeugontwikkelingsfonds is bekend gestel. Net minder as 14,8 miljoen Namibiese dollar is toegeken vir verskeie landbou-, tegnologie, hernubare energie-, en meganika-projekte. Die regering het 257 miljoen dollar in die huidige boekjaar daarvoor bewillig en het 11 475 aansoeke ontvang. Die fondse word deur Agribank, die Ontwikkelingsbank en die Omgewingsbeleggingsfonds bestuur. Alle lenings moet in vyf jaar afbetaal word met ‘n grasieperiode van ‘n verdere 12 maande. Rente wissel van 2 tot 4 persent. Drie projekte in Kunene is die meeste toegeken, op ‘n totaal van 2,2 miljoen dollar.