Skok en walging met foto’s van verbrande diere in EtoshaSeptember 30, 2025
Reaksie wissel van walging tot woede met die eerste foto’s van dooie diere in Etosha Nasionale Park. Die beeldmateriaal toon half verbrande maar lewende olifante sowel as vrek diere. Die lynministerie loop deur onder kritiek omdat hy nie vinnig genoeg reageer het en ook bystand aanvaar het nie, en ook omdat geen brandbestuur in die park toegepas is nie. Die Houtskoolvereniging het op sy beurt skerp kritiek teen die bosboudepartement uitgespreek omdat die brand op ‘n hervestigingsplaas, Heellaas, begin het. Dit, sê hy, terwyl kommersiële boere permitte geweier word as al die brandvoorkomingsmaatreëls nie daargestel is nie.