Amerikaanse regering sluit October 1, 2025
Die Amerikaanse regering is gesluit. Dit kom na die Kongres nie die nodige befondsingswetgewing kon instel om die federale regering se bedrywighede te finansier voor die begin van die nuwe fiskale jaar, wat op 1 Oktober is, nie. Die partye was haaks oor gesondheidsbefondsing en verdere besnoeiings aan Medicaid. Dit beteken nie-noodsaaklike federale werknemers word sonder betaling huis toe gestuur terwyl noodsaaklike dienste steeds funksioneer maar, werkers ook nie betaling ontvang nie. Die laaste sluiting was ook onder die Trump administrasie en het van 22 Desember 2018 tot 25 Januarie 2019 geduur, wat dit die langste in die Amerikaanse geskiedenis maak.