Balhao sluit by LPM aan, na goeie aanbodOctober 1, 2025
Voormalige IPC Lüderitz-raadslid en burgemeester Phil Balhao het by die Landless People’s Movement aangesluit. The Namibian berig hy het dit bevestig na hy verlede week as beide burgemeester en lid van die IPC bedank het. Hy sê die party het hom ‘n aanbod gemaak. LPM Lüderitz-raadslid Annemarie Hartzenberg het intussen Balhao by die LPM verwelkom en aangekondig hy is die hooflid vir die komende plaaslike owerheidsverkiesings in November. Balhao het vroeër gesê hy sou die Lüderitz Belastingbetalersvereniging stig.