Franse owerhede sê Mthethwa was alleen, val was doelbewusOctober 1, 2025

Franse owerhede het met ʼn ondersoek begin na die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. Hy is Dinsdag dood aangetref buite die Hyatt Hotel nadat hy Maandag as vermis aangemeld is. Parys se aanklaer, Laure Beccuau, sê Mthethwa se kamervenster op die 22ste vloer is oopgedwing met ʼn skêr wat op die toneel gevind is. Sy sê ondersoekers kon geen teken vind van ʼn geveg of dat dwelms of medikasie betrokke was nie. Beccuau sê die aanvanklike ondersoek dui daarop dat dit ʼn doelbewuste aksie was.