Grenssluitings vir groente-invoere aangepasOctober 1, 2025

Die Namibiese Akkerbouraad het weer grensaanpassings gemaak vir die invoer van groente onder sy Market Share-program. Die grens is gesluit vir wortels, kool, Engelse komkommer, uie, konfyttamaties, kersietamaties, ronde tamaties en spinasie. Die grens is oop vir botterskorsie, groenpeper, skorsie, gewasde aartappels, pampoen, soetpatat, waatlemoen, spanspek en suikermielies. Pro-rata invoere word vir gekleurde soetrissies, beet en blaarslaai toegelaat.