Kamer van Mynwese waarsku oor regulatoriese duidelikheidOctober 1, 2025

Die Kamer van Mynwese waarsku dat Namibië se mynbousektor toenemende risiko’s in die gesig staar as gevolg van beleidsonsekerheid, veral voorstelle vir verpligte 51 persent plaaslike eienaarskap in nuwe projekte. Volgens die kamer het dit ongemak onder beleggers geskep en indien dit ingestel word, loop Namibië die risiko om sy moeisaam verworwe reputasie as een van Afrika se aantreklikste mynboujurisdiksies te ondermyn. Hy sê verder dat hoewel kommoditeitspryse ondersteunend bly, regulatoriese duidelikheid noodsaaklik is en volhoubare stabiliteit in die regulatoriese omgewing sal dus van kritieke belang wees om beleggersvertroue te bewaar en te verseker dat die sterk fundamentele faktore in goud, uraan en batteryminerale vertaal in tasbare groei vir die sektor en die breër ekonomie.