Landbou moet sy grond in Zambezi ontwikkel October 1, 2025
Die voorsitter van die Zambezi-streeksraad Warden Simushi het die landbouministerie aangemoedig om grond wat vir hom sover terug as 2011 bekom is, te ontwikkel vir voedselproduksie. Dit sluit in 10 000 hektaar in Kabbe Noord, 1 000 hektaar in Katima-landelik, nog 10 000 hektaar naby Liselo en ‘n verdere 1 000 hektaar by Ibbu. Intussen lê nog 2 500 hektaar langs die Zambezirivier ook braak en so ook 5 000 hektaar by Singalamwe. Daar is ook geen produksentrum vir kleinskaalse boere soos in Rundu nie so daar is nie marktoegang nie.