Omgewingministerie moet krisis in Etosha erken: CalleOctober 1, 2025
Die omgewingministerie se hantering van die verwoestende brand in die Etosha Nasionale Park is opnuut onder skoot. Kenners het reeds mislukkings in verband met brandvoorkoming en bestuur beweer, maar nou word geen opgedateerde inligting oor dieresterftes en huidige toestande verskaf nie. Onstellende foto’s van ‘n olifant met erge derdegraadse brandwonde is afgemaak as “dit lyk vals”, maar die fotograaf het na vore gekom en die materiaal as eg bewys. Die olifant is glo intussen uitgesit, maar dit is ook nie amptelik bevestig nie. Kosmos 94.1 Nuus het met oud minister Calle Schlettwein gepraat, wat sê die krisis moet erken word.
Kosmos 94.1 Nuus het telkemale met die ministerie probeer kontak maak, sonder sukses. Ons sal opdaterings gee sodra dit verskaf word.