Vier veranderings aan Bokspan vir SaterdagOctober 1, 2025
En in rugbynuus het Springbok-afrigter Rassie Erasmus vier veranderings aan sy wedstrydgroep aangebring vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapswedstryd teen die Pumas op Twickenham. Ox Nché keer terug na die opdrafspan en Grant Williams, Jesse Kriel en Bongi Mbonambi is op die bank. Nché moes kort voor die toets in Durban onttrek weens ‘n ligte besering. Die res van die span bly onveranderd, met Eben Etzebeth wat sy 138ste toets begin as Ruan Nortjé se slotmaat, en kaptein Siya Kolisi wat sy 98ste toets speel.