Die regte Robinson Crusoe sê nee vir miljoene dollar vir sy klein paradyseilandOctober 2, 2025
Brendon Grimshaw het ‘n verwaarloosde tropiese eiland gekoop en die paradyslike eko-reservaat vir meer as 40 jaar beskerm — Vandag staan Moyenne-eiland as ‘n herinnering aan hoe die Seychelle gelyk het voordat toerisme daar aangekom het.
Moyenne-eiland is ‘n klein eilandjie van 9,9 hektaar in die Seychelle en was van 1915 tot 1960 verlate toe Brendon Grimshaw dit vir N$3 580 (in 1960 was die Suid Afrikaans Rand op 0.3575 vir 1 Amerikaanse dollar) verkry het. Hierdie eiland was tot op daardie stadium onbewoon, en geen mens het vir meer as 50 jaar ‘n voet daarop gesit nie. Grimshaw het sy werk bedank en vir altyd daarheen verhuis. Vir watter doel? Om na die eiland om te sien, dit te beskerm en, ja, dit een van die kleinste Nasionale Parke ter wêreld te maak.
Langs Grimshaw se sy was ‘n plaaslike inwoner genaamd Rene Antoine Lafortune, die 19-jarige seun van ‘n plaaslike visserman. Die twee het onafskeidbaar geword, en saam het hulle die eiland begin transformeer, die ruigtes skoongemaak, bome geplant en paaie deur die onderbos gebaan. Dit was noukeurige, rugbrekende werk – en dit het Grimshaw se lewenslange obsessie geword.
Moyenne beskik oor dieselfde paradysagtige wit sand en granietrotse wat soveel Seychelle-kuslyne kenmerk, maar dit is ook die tuiste van ‘n digte, ononderbroke muur van bome wat die eiland bedek en ‘n lae piramide bo die waterkant vorm.

Foto: Verskaf