Finale waarskuwing vir burgerlikes om Gazastad te verlaatOctober 2, 2025
Die Israeliese weermag het wat dit noem ‘n finale waarskuwing uitgereik aan die inwoners van Gazastad om na die suide van die strook te vlug, na dit Woensdag sy bombardemente en grondaanval versterk en die stad omring het. Israel se verdedigingminister, Israel Katz, het gesê diegene wat in die stad agterbly sal beskou word as Hamas-terroriste en ondersteuners van terrorisme. Internasionale kundiges in humanitêre reg sê dat ontruimingsbevele neerkom op gedwonge verplasing en dat burgerlikes wat in ontruimde gebiede bly, nie hul beskermde status onder internasionale reg verloor nie.