FNB Eagles kwalifiseer vir 2026 IKR T20 Wêreldbeker-toernooiOctober 2, 2025

Die FNB Eagles het hul semifinaal teen Tanzanië by die IKR T20 Wêreldbeker Afrika kwalifiserende toernooi in Harare met 63 lopies gewen. Dit beteken hulle is deur na Saterdag se finaal, en het ook vir die 2026 T20 Wêreldbeker-toernooi in Indië en Sri Lanka gekwalifiseer. Die Eagles het 174 vir 6 aangeteken en Tanzanië beperk tot 111 vir 8. JJ Smith was die speler van die wedstryd na hy 61 lopies nie-uit-nie van 43 balle geslaan het. Hy het ook drie paaltjies gevat vir net 16 lopies in vier boulbeurte. Die Eagles sal in die finaal teen Zimbabwe of Kenia te staan kom, wat nog besig is om die ander semifinaal te beslis.