Ministerie gee opdatering vanoggend oor Etosha-brandOctober 2, 2025

Amper twee weke na die Etosha brand begin het, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah ‘n verklaring uitgereik rakende die ramp. Sy sê hulpbronne is gemobiliseer van die Kantoor van die Eerste Minister, die omgewingsministerie, die Wildproduktrustfonds; en verskeie lynministeries, insluitend verdediging, sekuriteit, landbou, finansies en gesondheid, sowel as die Omusati- en Oshana-streeksrade en die boerderygemeenskap rondom Etosha. Daar is spanne ontplooi om brandpaaie te versterk. Volgens die omgewingsministerie is ‘n totaal van 853 946 hektaar, wat 38 persent van die park se oppervlakte verteenwoordig, geraak. Die brand in die park is geblus. Drie veeartse is ontplooi en vandag om tien sal ‘n perskonferensie plaasvind.