Plaas waar Etosha-brand ontstaan het, ‘het houtskool-permit’October 2, 2025

Die kwessie van houtskoolproduksie en die Etosha-brand weier om te gaan lê. Volgens die berigte het die brand op Helaas, ‘n regeringsplaas aangrensend aan die park begin. Die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê die plaas het ‘n permit.

Volgens die Houtskoolverening kan permitte net uitgereik word as die nodige brandbestrydings maatreëls in plek is, en waar kapasiteit ontbreek moet dit deur die departement bosbou gedoen word.