Skuld groei met amper N$560m in Augustus October 2, 2025

Totale kredietverlening aan die private sektor in Augustus het met 558,9 miljoen Namibiese dollar gestyg. IJG Securities sê in sy ontleding dat dit die totale uitstaande krediet op 120,85 miljard dollar te staan bring. Op ‘n jaar-tot-jaar basis het die kredietverlening aan die private sektor met 6,04 persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Maandelikse groei is in alle kredietkategorieë aangeteken, behalwe oortrokke lenings. Oor die afgelope twaalf maande is krediet ter waarde van 1,91 miljard dollar aan individue geleen, terwyl 4,76 miljard aan korporasies geleen is. Jaarliks het krediet wat aan korporasies en individue verleen is, met onderskeidelik 10,3 persent en 2,81 persent gestyg.