Twee sterf in aanval buite sinagoge in ManchesterOctober 2, 2025

Twee mense is dood en drie gewond in ‘n motor- en mesaanval buite ‘n sinagoge in Manchester in die noordweste van Engeland. Die polisie sê die vermeende aanvaller is deur beamptes geskiet en vermoedelik dood. Dit kon egter nog nie bevestig word nie as gevolg van items op sy persoon, met ‘n bomopruimingseenheid wat op die toneel was. Die drie gewondes is in ‘n “ernstige toestand”.