Akkerbouraad registreer informele groente verkopersOctober 3, 2025

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n registrasie-veldtog geloods op straatverkopers wat vars groente en vrugte verkoop. Volgens berigte kom dit na klagtes van kleinskaalse produsente wat sê die informele mark word toegegooi onder produkte vanuit Angola. Volgens Emilie Abraham van die raad is dit nie ‘n nuwe klagte nie en die hoofoorsaak is toegang tot die land as gevolg van die poreuse grens. Sy sê grootmaat besendings word by grensposte teruggestuur.