Parlement wil weet oor Nsfaf integrasie by onderwysOctober 3, 2025

Die parlement soek duidelikheid oor die herintegrasie van die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, in die onderwysministerie. Dit is geskeduleer om vandeesmaand plaas te vind. Hierdie stap volg op ‘n kabinetsbesluit van 2021 wat daarop gemik is om doeltreffendheid te verbeter, koste te verminder en studentebefondsing onder direkte regeringstoesig te konsolideer. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het in die Nasionale Vergadering gesê die ministerie moet ‘n duidelike strategie aanbied, en opgemerk dat daar voortdurend vrae rondom die integrasieproses is.

Onderwysminister Sanet Steenkamp sal na verwagting volgende week terugvoer gee.