Staat vra dat Coetzee skool se N$2,5m terugbetaalOctober 3, 2025

Die aanklaer in die saak teen Maria Johanna Coetzee, Timo Itula, het ‘n aansoek voor regter Makapa Simasiku ingedien om die 2,5 miljoen Namibiese dollar, wat Coetzee by Windhoek Internasionale Skool gesteel het, terug te kry. Hy sê sy het voordeel daaruit getrek en vra die regter om ‘n bevel dat dit uiteensit dat in die volgende 30 jaar, wanneer Coetzee weer werksaam is, dat ‘n maandelikse bedrag van haar salaris afgetrek word. Coetzee staan nie die aansoek teen nie. Simasiku sal sy uitspraak en Coetzee se vonnis op 6 Oktober lewer.