CCTV-skenkings vir CoW se misdaad-, ongelukstrydOctober 4, 2025

Misdaadbestryding in die hoofstad gaan danksy skenkings van geslote-kringtelevisiekameras, of CCTV, aan Stad Windhoek opgeskerp word. Die Motorvoertuigongeluksfonds, die MVAF, het CCTV-toerusting van bykans 141 000 Namibiese dollar aan die munisipaliteit geskenk, wat ingespan gaan word in areas waar baie ongelukke voorkom. FNB Namibia se CCTV-skenking ter waarde van 500 000 dollar gaan in misdaadgeteisterde gebiede ontplooi word. Stad Windhoek sê die nuwe kameras sal die polisie se reaksietyd verbeter en as bewysstukke in ondersoeke kan dien.