Sean ‘Diddy’ Combs 50 maande tronk toeOctober 4, 2025

Die veroordeelde rapmagnaat Sean “Diddy” Combs is ‘n vonnis van 50 maande tronkstraf en ‘n boete van 500 000 Amerikaanse dollar opgelê ná sy skuldigbevinding aan twee klagte van prostitusie. Voor sy vonnisoplegging deur regter Arun Subramanian, het Combs aan die hof gesê sy gedrag was “veragtelik, skaamlik en siek”, en sy slagoffers om verskoning gevra.