Brent daal skerp, val met 8%October 5, 2025
Oliepryse het die week afgesluit met ‘n daling van meer as 8 persent op net bo 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Dit is die grootste verlies in drie maande. Die verwagte toename in Opul-plus produksie en die Irak/Koerdiese pypleiding wat begin vloei nadat dit vir twee jaar gesluit was het bygedra. Ontleders meen ook die onderhandelings vir vrede in Gaza het ‘n rol gespeel. Opul vergader weer vandag en sal waarskynlik olie-produksie verder verhoog.