Hersiening van Psemas word (steeds) beplanOctober 5, 2025
Die finansministerie het die eerste minister dr. Elijah Ngurare ingelig oor die voorgestelde hersiening van Psemas deur die bestuur van die skema, sy komitee en die finansminister, Erica Shafudah. Die oorsig poog om die voordele van lede te herevalueer, tariewe te hersien, bestaande skuiwergate in die stelsel aan te spreek en om kontrakte vir diensverskaffers te evalueer om te verseker dat staatsamptenare gesondheidsorgdienste ontvang om hul welstand te ondersteun. Die skema is die grootste in die land met ongeveer 300 000 lede maar daar is baie bedrog en die staat verloor ongeveer ‘n miljard Namibiese dollar jaarliks in die verband.