Nam-Bots Bilaterale-kommissie vergader die weekOctober 5, 2025
Namibië is gasheer vir die Botswana-Namibië Bilaterale-kommissie wat die komende week in die hoofstad gehou word. Presidente Netumbo Nandi-Ndaitwah en Dumo Boko sal as voorsitters dien. Senior regeringsamptenare en ministers sal ook vergader. Die kommissie is in 2021 gestig om ekonomiese sowel as diplomatieke samewerking te versterk. Kwessies van samewerking sal sekuriteit, ekonomie, maatskaplike uitdagings en verderdiging insluit.