Oranje-bekken eksplorasie behaal 60% suksesOctober 5, 2025

Die Afrika Energie Kamer sê die Oranje-bekken lei die vasteland se sukses in eksplorasie met ‘n syfer van 60 persent. Namibia Mining and Energy berig dat dit een van die vasteland se aktiefste eksplorasie-gebiede is. In minder as vier jaar is net meer as 6 miljard vate olie-ekwivalent ontdek, ‘n tempo vergelykbaar met Guyana. TotalEnergies, Shell, Galp en Rhino Resources het almal hierin sukses gevind. Terwyl die sukses toegejuig word, is die uitdaging om die olie uit grond te bring.