Drie vas vir smokkel met WelwitschiasOctober 6, 2025
Drie mans, twee Namibiërs en een Angolese burger, verskyn vandag in die hof op Ongwediva nadat hulle oor die naweek op Oshikango vasgetrek is vir handel in die beskermende Welwitschia mirabilis-plant. Die drie is tydens ‘n geheime operasie by ‘n kroeg op Oshikango gearresteer met drie plante in hulle besit wat hulle wou verkoop. Die smokkel van beskermde plante raak al hoe meer algemeen en voorvalle kom toenemend voor. Dit wek kommer onder bewaringsgroepe.