Namibië wen ExxonMobil Foundation STEM-streekfinaalOctober 6, 2025

Namibië het die topprys losgeslaan in die ExxonMobil Foundation STEM-streekfinaal tydens die Afrika Energieweek-toekennings en galadinee in Kaapstad. Die span is erken vir sy innoverende afval-tot-energie-projek, wat met behulp van ‘n 3D-gedrukte raam, visafval in bio-plantvoer omskakel. Die projek bevorder volhoubare boerdery, verander organiese afval in waardevolle voedingstowwe en ondersteun pogings om honger in landelike gebiede te bekamp. Nigerië was tweede met sy UltraClean-projek, ‘n sonkrag-aangedrewe watersuiweringsapparaat vir klaskamers en huise. Angola was derde met ‘n stelsel wat sonkrag gebruik om afvalstowwe uit water te verwyder. Dit het ten doel om watergedrade siektes te bekamp en plastiekafval in inkomste te omskep.