Talle dwelmbeslagleggings oor die naweekOctober 6, 2025

Dwelms bly ‘n wesenlike probleem in die land. Die polisie sê ‘n 27-jarige Namibiese man is vas nadat hy by ‘n mini-padblokkade in ‘n minibus-taxi by Aroab voorgekeer is met dagga ter waarde van 10 000 Namibiese dollar. Ook op Aroab is twee dagga-plantasies gevind en ‘n man, 42, sal vandag in die hof verskyn. Op Aranos is ‘n 38-jarige Namibiese man gevind met dagga en Mandrax ter waarde van 2 580 dollar. Nog twee beslagleggings is in Tses en Grootfontein gemaak.