Agribank dagvaar na geen betaling in 12 jaar gemaak is nie October 7, 2025
Agribank dagvaar Benestus Marenga, ‘n werknemer by die Kantoor van die Eerste Minister, vir amper 318 000 Namibiese dollar en eis sy eiendom in Doradopark op. Die bank het 212 000 dollar aan Marenga in Januarie 2013 geleen vir veeaankope. Die lening was oor tien jaar betaalbaar maar hy het nooit ‘n enkele betaling gemaak nie. Hy het gepoog om regshulp te bekom wat geweier is, natuurlik omdat hy nie volgens sy inkomste kwalifiseer nie, en het nou ‘n prokureur aangestel en vandag kennis van verdediging aangeteken.