Daures is in werklikheid ‘n wêreld erfenisterrein – kenner October 7, 2025
Reaksie word ontvang op die besluite van die 22ste kabinetsvergadering waarvolgens Namibië regmaak om sy derde erfenisterrein te registreer by Unesco. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Peter Cunningham gepraat oor die registrasie van Daures, bekend as Brandberg, as wêreld-erfenisterrein.
Intussen word daar berig dat talle kleinskaalse myners by Brandberg verwyder moet word omdat hulle dan nie meer met hulle bedrywighede kan aangaan nie. Maar, Brandberg is reeds in 1951 as nasionale monument verklaar en hulle moes toe al ontruim gewees het.