Kavango-Wes 1X-put net bo Otavi-reservoir: ReconAfricaOctober 7, 2025
Brian Reinsborough, die president en uitvoerende hoof van ReconAfrica, sê in ‘n opdatering van boorwerk aan die Kavango-Wes 1X-put dat alles volgend skedule verloop. Die finale omhulsel-string is op ‘n diepte van ongeveer 2300 meter gestel, net bokant die geteikende Otavi-reservoir. Boorwerk gaan tans voort in die Otavi-karbonaatreservoir, die primêre teiken in die Damara-vougordel. Die Kavango-Wes 1X-put toets ‘n baie groot strukturele sluiting in die Otavi-seksie wat byna 20 kilometer lank en 3 kilometer breed is. Die put sal na verwagting deur sowat 1 500 meter van potensiële reservoir gaan voordat totale diepte op 3 800 meter bereik word.