Namibië 2de op lys van 20 beste plekke om te besoekOctober 7, 2025
Namibië is tweede op TimeOut se 20 beste plekke om tussen Oktober en Februarie te besoek. Dit is omdat lande in die Noordelike Halfrond in dié tyd kouer weer ervaar. Sharm-el-Sjeik in Egipte, bekend vir sy turkoois water en wolklose blou hemel feitlik heeljaar, is boaan die lys. Ciprus is in die derde plek, gevolg deur Bali in Indonesië en Alicante in Spanje. Kaapstad is 17de op die lys.