Starc terug in Aussie-eendagspan vir Indië-reeksOctober 7, 2025
Krieket: Die ervare snelbouler Mitchell Starc is in Australië se eendagspan ingesluit vir hulle tuisreeks teen Indië later die maand. Sy terugkeer is een van vier veranderings aan die span wat verlede maand die eendagreeks teen Suid-Afrika 2-1 verloor het. Die ander spelers wat teruggeroep is, is Matt Short, Matt Renshaw en Mitchel Owen. Marnus Labuschagne, Aaron Hardie en Matthew Kuhnemann is uitgelaat. Mitch Marsh sal steeds die span aanvoer in die plek van die gereelde kaptein, Pat Cummins, wat beseer is.