Uitspraak in Linden Beef-aansoek op 24 OktoberOctober 7, 2025

Linden Beef sal op 24 Oktober hoor of sy ‘n interlokutêre aansoek voor regter Andrew Corbett om te keer dat hy gelikwideer word, geslaag het of nie. Dit kom na Bank Windhoek ‘n aansoek gebring het met skuld van 28,5 miljoen dollar aan hom verskuldig. Die reël nisi is aanvanklik vir 29 Augustus gestel maar, die voerkraal het gevra vir kondonasie en dit is nou verleng tot 24 Oktober. Hy sê hy en Cathral Investments is nie bedien of, nie betyds, bedien nie. Vroeër in Augustus het Agra ook ‘n eis teen die voerkraal ingedien vir skuld van 7 miljoen dollar. Sy eienaar David van der Linden is tans agter tralies in Okahandja op dwelmklagte.