Abattoirs kan nou aansoek doen vir Noorweegse kwotaOctober 8, 2025

Alle kwalifiserende abattoirs word deur die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad genooi om aansoek te doen vir ‘n deel van die Noorweegse beesvleis-uitvoerkwota vir 2026. Nuwe rolspelers wat aan die vereistes voldoen word aangemoedig om ook aansoek te doen. Die kwota is vir 1 600 ton beesvleis en aansoekers moet stipuleer vir watter deel daarvan hulle aansoek doen. Die sluitingsdatum is 16 Oktober en aansoekers moet reeds goedgekeur wees vir verslagting en uitvoere na Noorweë.