Beter groei vir Afrika vanjaar October 8, 2025
Die Wêreldbank sê die ekonomie van Afrika suid van die Sahara sal na verwagting hierdie jaar met 3,8-persent groei wat hoër is as die 3,5-persent van April. Dit word gedryf deur bestendige inflasie en die wisselkoers in lande soos Ethiopië. Die bank se Africa Pulse-verslag verwys na verbeterde omstandighede wat privaatverbruik en beleggings aanwakker. Daar word voorspel dat groei ‘n gemiddelde groeikoers van 4,4-persent in die volgende twee jaar sal bereik terwyl fiskale inperkings herstel kan vertraag. Ethiopië, Nigerië en die Ivoorkus het die sterkste opwaartse hersienings aangeteken.